Wat beteken jou doop? - Baptistekerk Kemptonpark | Coram Deo (2024)

Wat beteken jou doop? - Baptistekerk Kemptonpark | Coram Deo (1)

Romeine 6:1-5

Oor die jare het ek mense ontmoet wat vir vreemde redes gedoop wou word. Party wou gedoop word, omdat dit spesiaal sou wees as die hele familie saam gedoop word. Ander wou gedoop word, sodat hulle lidmate kon wees en ‘n gemeente kon hê om hulle te trou en eendag te begrawe.

Een vrou wou graag op haar verjaarsdag gedoop word, sodat haar geboorte dag meer spesiaal kon wees. Ander wou gedoop word om hulle sonde weg te was, of omdat hulle in die hemel wou kom.

Aan die ander kant is daar mense wat nié gedoop wil word nie, omdat hulle as babas gedoop is, omdat hulle eers wil ophou rook, omdat hulle skaam is vir mense, of omdat hulle bang is vir water. Maar hierdie dinge is verkeerde redes vir hoekom iemand gedoop moet word of nie. Mense wat dit glo verstaan nie wat die doop beteken nie. Maar wat beteken die doop dan? Rom. 6:1-5 wys vir ons.

  1. Die teks

‘n Paar weke gelede het ek ‘n man by ‘n begrafnis ontmoet. Hy het min of meer die volgende gesê: ‘Sonde is nie een of ander daad nie. Sonde is iets wat in die Ou Testament bestaan het. Maar toe Jesus sterf, toe red Hy ons van ‘n sondige natuur. Ons kan dus nie meer sondig nie.’

Dit het vir my geklink of hy God se genade wil misbruik om die mens se sonde te bedek en te verskoon. Dit is asof hy gesê het: ‘God se genade is groter as ons sonde, en daarom kan ons maar sonde doen. God is genadig en sal ons altyd weer vergewe.’ (v.1, 5:20).

Genade word m.a.w. ‘n dekmantel of rookskerm om die mens se sonde te verskoon (Gal. 5:13, 1Pet. 2:16, Jud. 4). Het jy al ooit so gedink? Het jy al ooit vir jouself gesê: ‘Ek gaan maar hierdie sonde doen en later vergifnis vra, bid en die nagmaal gebruik. God is mos genadig. Dit is sy werk om te vergewe’?

As jy so redeneer verstaan jy nie God se genade nie. Genade is nie ‘n lisensie vir sonde nie, maar gee eerder aan ons die krag om dit te oorwin. As jy in sonde lewe het jy nog nie God se genade gesmaak nie. Jy is soos iemand wat vrygelaat word uit die tronk en dan sê: ‘Ek is vry om terug te gaan tronk toe as ek wil.’ Maar in daardie geval is jy nie vry nie. Hoe kan jy doodwees vir sonde as jy nog daarin lewe (v.2)?

Dit is nie genoeg om te jy is ‘n Christen nie. Haat jy jou sonde, treur jy daaroor, veg en bid jy daarteen, gehoorsaam jy die Bybel? Moenie sê jy is ‘n Christen as jy dronk word, hom*oseksueel is in woord en daad, met jou meisie of kêrel slaap, egbreuk pleeg, ongehoorsaam is, ens. nie (1Kor. 6:9-10).

Christene doen sonde, maar geen Christen leefdaarin nie (v.3). As jy anders dink, verstaan jy nie Christenskap nie: “Of weet julle nie...?” (v.3). Jy verstaan ook nie wat die doop beteken nie (v.3). Wat beteken dit? Die doop wys dat jy een is met Jesus, die Vader, en die Heilige Gees (v.3, Matt. 28:19). Wat waar is van Jesus, is ook waar van ons.

[a] Jesus het ‘n vuurdoop aan die kruis ondergaan (Luk. 12:50). Die vloed van God se toorn was op Hom vir ons sonde. Die ou mens van Rom. 5 het saam met Hom gesterf (Gal. 2:20a, 6:14). God het sy dood aanvaar, asof jy vir jou eie sonde gesterf het (v.3).

[b] Toe jy onder die doopwater ingaan is jy saam met Hom begrawe (v.3-4). Die feit dat jy begrawe is wys dat jy regtig gesterf het, en dat jy nie maar net geslaap het nie. Omdat jy dan regtig vir die sonde gesterf het, kan jy nie eers ‘n bietjiedaarvoor leef nie (v.1). Jou hand of voet het nie uit die doopwater uitgesteek om nog ‘n bietjie sonde te doen nie. As jy nie gedoop is nie, sal jy makliker vergeet dat jy dood is vir die sonde (v.3-4, 1-2). Word dus gedoop, en moenie langer uitstel nie.

[c] As jy uit die water opkom, wys jy dat jy saam met Jesus opgestaan het deur God se heerlike krag wat Hom uit die dood uit opwek het (v.4, 2Kor. 13:4, Gal. 1:1, Ef. 1:19-20, Kol. 2:12). Nou kan jy elke dag as ‘n nuwe mens in Hom lewe (v.4, 2Kor. 5:17, Gal. 2:20b, 5:16, 25).

As jy jouself ‘n Christen noem en gedoop is, maar nie nuut lewe nie lieg jy. Jou doop beteken niks. Hoe kan jy vir Jesus lewe as jy nie ook vir die sonde gesterf het nie? Dit is onmoontlik (v.5, 1-2).

  1. Die toepassing

Het jy al ‘n ateïs of ander ongelowige ontmoet wat die Bybel goed ken, maar nie daarvolgens lewe nie? Ken jy ‘n kerkmens wat oor die Bybel praat, maar dit nie doen nie? So iemand mislei homself om te dink dat hy ‘n Christen is (Jak. 1:22). God het nie die Bybel gegee net sodat ons dit kan ken nie, maar sodat ons dit kan doen.

Dit geld ook vir die doop. Jy kan dit teologies goed verduidelik, maar as jy dit nie doen en verander word nie, verstaan jy dit nie. Die teendeel is ook waar: jy kan nie die doop reg toepas as jy dit nie eers verstaan het nie. Laat my toe om die Nuwe Testamentiese lering oor die doop te verduidelik en dit daarna toe te pas.

Die doop is net vir gelowiges (v.3-4, Matt. 28:19, Mark. 16:16, Hand. 2:38, 8:12, 35-38, 9:18, 10:47-48, 16:14-15, 31-34, 18:8, 22:16, Gal. 3:26-27, 1Pet. 3:21). Selfs waar gesinne gedoop is, het hulle die evangelie gehoor, hulle bekeer, geglo, en die Heilige Gees ontvang (Hand. 2:39, 10:2, 24, 44, 47-48, 11:14-17, 16:31-34, 18:8). Nêrens in die Bybel is daar enige rekord van ongelowiges wat gedoop is nie.

Maar wat van die Ou Testament waar babasbesny is om te wys dat hulle deel van God se volk is? Dit is die ou verbond. In die nuwe verbond word jy nie deur geboorte deel van die verbondsvolk nie. Jy word eerder deel deur wedergeboorte (Heb. 8:8-12). Net soos wat die besnydenis in die Ou Testament op geboorte gevolg het, volg die besnydenis van die hart (waarin die Heilige Gees ons sonde wegsny) en die doop in Nuwe Testament op wedergeboorte (Kol. 2:11-12).

Soos wat daar vrugwater is by geboorte, wys die water in die doop dat daar ‘n geestelike geboorte plaasgevind het, asook dat die Heilige Gees die persoon se hart skoon gewas het (Eseg. 36:25-27, Joh. 3:5). Hoe moet ‘n mens gedoop word? Die Griekse woord baptizõbeteken om te onderdompel [James Strong, Strong's Hebrew and Greek Dictionaries: G907 (www.e-sword.net, 1890, Public Domain). Sien ook Thayer's Greek Definitions(www.e-sword.net, 1886, 1889, Public Domain)]. Soos reeds gesê wys dit dat die persoon saam met Jesus begrawe is en opgestaan het (v.3-4). Wat beteken die bg. lering oor die doop prakties?

[a] Waar ‘n baba besprinkel word is daar geen geloof nie. Sy of haar doop illustreer ook nie ‘n begrafnis en opstanding saam met Jesus nie, en is dus nie die Nuwe Testamentiese doop van v.3-4 nie. Indien jy as baba besprinkel is, moet jy gedoop word. As jy dit doen word jy nie weer gedoop nie, maar reg gedoop volgens die Bybel.

Charles Spurgeon vertel van een van sy ouderlinge wat vier keer gedoop is. As baba het sy ouers hom laat besprinkel, maar hy was so siek dat die predikant dit nie volgens die nasionale kerk se Gebedsboek kon afhandel nie. Toe hy beter word, toe vat sy ouers hom terug om die doop af te handel. Die predikant het vir hom ‘n dogtertjie se naam gegee. Hulle het hom toe weer laat doop en ‘n seuntjie se naam vir hom gegee.

Toe hy groot word het hy tot bekering gekom en is hy gedoop. Spurgeon sê: ‘I baptized him after the Scriptural order; but the Church of England had made three attempts to baptize him, and had failed every time!’ [C.H. Spurgeon, Autobiography: The Early Years (Edinburgh: The Banner of Truth Trust, 1962), 152].

[b] Indien jy as volwassene gedoop is sonder geloof, beteken dit niks. Wat help dit jy dat jy die tekenhet dat God jou skoon gewas het en dat jy een is met Hom, as jy nie die realiteit daarvan in jou hart ervaar het nie? Word gedoop.

[c] Party kerke onderdompel drie keer om uit te beeld dat Jesus vir drie dae in die graf was, asook dat die Een God in drie Persone bestaan. Ons onderdompel een keer om te wys dat Jesus een keer begrawe is en opgestaan het, asook dat ons in die een Naam van die Vader, die Seun, en die Heilige Gees gedoop word (v.3-4, Matt. 28:19). Indien jy drie keer onderdompel is en in Jesus geglo het toe jy dit doen, vereis ons nie dat jy weer gedoop moet word nie.

[d] Wat as die persoon wat jou gedoop het later die pad byster raak? Dit is nie die doper wat belangrik is nie (1Kor. 1:13-14). Die vraag is eerder of jy in die Drie-Enige God glo in wie se Naam jy gedoop word (Matt. 28:19)? As jy deur ‘n kultus gedoop is tel dit nie, omdat hulle jou in ‘n vals god se naam gedoop het. Jy moet gedoop word in die Naam van die ware God, terwyl jy Hom in geloof aanroep.

[e] Die doop maak jou nie een met God nie. God het jou reeds voor die skepping in Christus verkies. God reken sy Seun se perfekte lewe, kruisdood, opstanding en hemelvaart as joune (Ef. 1:3-14, 2:6, Kol. 3:3). Jy kan die voordele daarvan geniet deur die geloof (Rom. 3-4). Die doop illustreer hierdie eenheid. Moet dan nie soos party mense praat asof jy die doop nodig het om hemel toe te gaan nie (Ef. 2:8-9).

‘Maar die Bybel praat so,’ sê iemand. ‘Nêrens sê die Bybel dat die doop net ‘n teken is nie, en daarom moet ons meer daarvan maak.’ Eerstens wil ek sê dat die Bybel ook nie die nagmaal ‘n teken noem nie. Maar tensy jy ‘n Katoliek is, glo jy dat die nagmaal ‘n teken is. Dit geld ook vir die doop. Ek sal later hierop uitbrei.

Tweedens moet ons die konteks van die Bybel onthou. In ons tyd doop ons mense soms jare na hulle bekering. In die Nuwe Testament is mense op die dag van hulle bekering gedoop (Hand. 2:41). Iemand sou jou dus soos volg oor jou bekering vra: ‘Wanneer is jy gedoop?’ Hiermee het die persoon nie bedoel dat die doop jou red nie. Hy het eerder geweet dat jou doop en bekering op dieselfde dag gebeur het.

Dit is wat Paulus bedoel wanneer hy sê dat ons een is met Jesus deur die doop (v.3). Die doop wys uiterlik wat in ‘n persoon se hart gebeur het.

Derdens wil ek sê dat ons inderdaad meer moet maak van die doop. Die doop red nie, maar dit is ook nie opsioneel of onbelangrik nie. Dit is ‘n teken van ons eenheid met Jesus, maar dit is ook meer as dit. Net soos die nagmaal versterk dit jou geestelik as jy in die geloof daaraan deelneem. Dit doen iets vir jou siel. Die Bybel sê:

“Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” (Hand. 2:38).

“Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.” (Hand. 22:16).

In konteks van doop en bekering op dieselfde dag sê Petrus dat “die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete - deur die opstanding van Jesus Christus” (1Pet. 3:21).

Dit is nie die doop wat red nie, maar Jesus. En tog glo ek dat Douglas Moo reg is wanneer hy sê: ‘...I think if Paul had ever been asked about an “unbaptized believer”, he would have responded: “Well, yes, such a person is saved, but why in the world isn’t she baptized?”’ [Douglas Moo, The NIV Application Commentary: Romans (Grand Rapids: Zondervan, 2000), 206].

Anders as die evangelie is die doop nie die heel belangrikste nie (1Kor. 1:17). En tog veronderstel die Nuwe Testament dat elke gelowige sy eenheid met Jesus se kruisdood en opstanding sal uitbeeld in die doop (v.3-4). Waarom huiwer jy dan nog om gedoop te word?

Gebruik jy die verskoning dat die Heilige Gees jou eers daarvan moet oortuig? Het Hy dit dan nie duidelik genoeg uitgespel in die Skrif nie? As jy tot op hede nie die Bybelse lering oor die doop verstaan het nie, kan jy nie meer onkunde pleit nie. Jy moet op een van die volgende maniere reageer:

  • Glo die evangelie, bekeer jou en word gedoop.
  • Jy moet jou kinderdoop of sg. ‘groot doop’ sonder geloof as ongeldig verwerp en gedoop word volgens die riglyne van die Nuwe Testament.
  • Sê dankie dat jy die evangelie glo, gered is en gedoop is.

‘n Prediker in die buiteland was moedeloos oor die dronkenskap en seksuele losbandigheid in sy gemeente. In een jaar het hy 20 mans begrawe. Hy het voor die Here gehuil. Die volgende jaar toe doop hy 200. John MacArthur het in een aanddiens 90 mense gedoop. Die apostels het op een dag 3000 nuwe bekeerlinge gedoop (Hand. 2:41).

Ek verlang na die dag wanneer die Here baie mense sal red, en hulle volgens v.3-4 deur die doop sal bely dat hulle saam met Jesus gesterf het en saam opgestaan het in ‘n nuwe lewe.

Wat beteken jou doop? - Baptistekerk Kemptonpark | Coram Deo (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Prof. Nancy Dach

Last Updated:

Views: 5593

Rating: 4.7 / 5 (57 voted)

Reviews: 88% of readers found this page helpful

Author information

Name: Prof. Nancy Dach

Birthday: 1993-08-23

Address: 569 Waelchi Ports, South Blainebury, LA 11589

Phone: +9958996486049

Job: Sales Manager

Hobby: Web surfing, Scuba diving, Mountaineering, Writing, Sailing, Dance, Blacksmithing

Introduction: My name is Prof. Nancy Dach, I am a lively, joyous, courageous, lovely, tender, charming, open person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.